Nóg ‘n bejaarde op plaas aangeval

Drie verdagtes is in verband met die voorval in hegtenis geneem. (Foto: Heritage Protection Group - Thabazimbi)

‘n Bejaarde vrou, me. Yvonne Blake (90), is op 30 Januarie op haar plaas in die Carolina-distrik aangeval en beroof.

Me. Blake woon sedert haar man se dood sowat vier jaar gelede alleen op die plaas.

Dit was die tweede voorval op ‘n plaas in die suid-oostelike Hoëveld-gebied binne die bestek van twee weke.

Op 22 Januarie vanjaar is mnr. Johannes van Zyl op sy plaas in die Panbult-distrik aangerand en vermoor. Sy vriendin, me. Charlotte Giddy, is ook aangerand en het enkele dae daarna aan haar beserings beswyk.

In die jongste voorval het die slagoffer benewens skok en kneusplekke op haar gewrigte en enkels, slegs ‘n ligte sny op haar wang opgedoen.
Drie verdagtes is verlede Woensdag in verband met die voorval in hegtenis geneem. Van die gesteelde goedere is in hul besit gekry.

‘n Huishulp wat in diens van me. Blake was, het ná die voorval verdwyn.
Nog ‘n inhegtenisname word verwag.

Volgens me. Amanda Labuschagne van ‘n buurplaas, het me. Blake omstreeks 02:30 wakker geword toe sy ‘n hand oor haar mond gevoel het. Drie onbekende jong mans was in die slaapkamer. Hulle het haar aan haar enkels en gewrigte vasgebind en kouse in haar mond gestop.
‘n Mespunt is onder haar oog gedruk en hulle het gedreig om haar oë uit te sny. Sy is ook op die wang gesny.

Die verdagtes het daarna doodluiters deur die huis beweeg en ‘n vuurwapen en kontant uit ‘n versteekte kluis gesteel. Hulle het hulself ook aan kos en drank gehelp en later deur ‘n oop venster verdwyn.

Teen ligdag kon me. Blake daarin slaag om haarself te bevry en het haar seun wat in die Kaap woon, geskakel.
Hy het op sy beurt me. Blake se bure geskakel en hulle gevra om ondersoek in te stel.

“Ons het ons daarheen gehaas en haar in ‘n geskokte toestand gekry. ‘n Dokter het haar ondersoek en vir skok en ‘n ligte sny op haar wang behandel, maar sy was andersins ongedeerd,” het me. Labuschange gesê.

Knap speurwerk deur lede van die Heritage Protection Group, wat van Thabazimbi af ontbied is, en die Carolina Polisie het tot die inhegtenisnames gelei.

“Ons bedank Sakkie Meiring, Ben Engelbrecht, Sakkie Louwrens en Cornelius Tumor vir hul opoffering en goeie speurwerk.
Hulle het regtig uit hulle pad gegaan om die verdagtes vas te trek,” het me. Labuschagne gesê.

Die verdagtes het verlede week reeds in die hof op Carolina verskyn.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

  AUTHOR
Gerald Young
Senior Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

echoridgetimesstandertonadvertiserlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
10 things you should never do at work

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other