Munisipaliteit swyg oor stortingsterrein

Die vervalle toestand van Ermelo se stortingsterrein aan die noordekant van die dorp en die afwesigheid van werknemers en masjienerie is vir die soveelste keer weer onder die Hoëvelder se aandag gebring.

Volgens ‘n inwoner wat daagliks die terrein besoek, het die probleem in die afgelope paar maande vererger met geen rommel wat verwerk word nie.

Hy kan nie onthou wanneer laas hy ‘n stortingsterreinwerker daar gewaar het nie. Volgens hom, is daar gerugte dat die werkers staak weens ‘n salarisdispuut en dat geen van die toerusting in werkende toestand is nie.

Die Hoëvelder het die stortingsterrein besoek om die aan-tygings te ondersoek.
Besoekers word reeds by die ingang begroet deur ‘n stank van rommel wat tot teen die heining lê.

‘n Nou paadjie met ‘n berg vullis aan weerskante en bestrooi met gebreekte glas en skerp voorwerpe lei tot ‘n doodloopplek ‘n paar honderd meter verder waar rommel afgelaai word.

Diegene met groter voertuie waag dit om oor die rommelhope te ry om elders ‘n plekkie te kry om af te laai.

Rook van vullis wat aan die brand gesteek is en voortsmeul, hang in die lug en tussen al die vullishope staan ‘n stootskraper.

Dit is nie seker of hy bloot daar geparkeer is en van vergeet is tot hy deel word van die vullis wat om hom ophoop nie en of hy weer vir sy eintlike doel sal gebruik word nie.

Die enigste ander vorm van aktiwiteit is plaaslike inwoners wat herwinnings-werk vir hul eie sak doen, terwyl hulle oor berge rommel moet voortbeur.

Op pad terug na die hoofpad lê ‘n varksog en een van haar kleintjies weg aan die rommel wat sommer langs die pad afgelaai is en die versoeking om die stortterrein niks anders as ‘n varkhok te noem nie, is onweerstaanbaar.

Die munisipaliteit is twee weke gelede genader vir kommentaar oor die saak, maar teen druktyd Dinsdagmiddag is geen antwoord van hulle ontvang nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

  AUTHOR
Erika Nel
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

echoridgetimesstandertonadvertiserlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Geveerdes pronk by Oostelike Streek Sierduifskou in Ermelo

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other