Ermelo boer agteruit – geen dienslewering

Dié waterlek is maar een van vele op die sypaadjies

‘n Rit deur die dorp het getoon dat gevaar mense op sypaadjies oop en bloot staan en inwag en dat daar van dienslewering feitlik geen sprake is nie.

Substasies en kiosks met lewendige kragdrade binne staan wawyd oop.

Lamppale lê skeef en een wat opgemerk is, word deur ‘n stuk pyp gestut.

Vullissakke ontsier die sypaadjies en feitlik elke straat het slaggate en motoriste moet mooi ry om hulle te vermy. Min of geen herstelwerk word gedoen nie. Privaat mense wat ‘n sakgeldjie wil verdien, vul hier en daar ‘n slaggat met sand op, maar net die volgende dag word dit weer oopgery.

Die heining rondom die Burgersentrum is nog nie voltooi nie en die gedeelte van die heining rondom die Petdam wat skeef lê nadat dit omgery is, word nie herstel nie.

Op verskeie sypaadjies dam water op of loop in die strate weg waar pype stukkend is en waterlekke veroorsaak.

Straatligte brand deur die dag en in baie strate werk die straatligte glad nie.

Dele van die dorp is daagliks sonder elektrisiteit en die redes wat gewoonlik aangevoer word, is dat verouderde kabels die sondebokke is.

Die waterpompstasie in Petstraat is toegesluit, maar binne spuit die water ‘n boog uit ‘n gebarste waterpyp.

In die vertrekkie langsaan bly mnr. Lawrence Nkosi onder haglike omstandighede en hy sê daar was nog niemand by die pompstasie vandat hy daar bly nie.

Die gras rondom die pompstasie is ook baie lanklaas gesny en die stasie, wat veronderstel is om die waterdruk on die oostelike dele van Ermelo te beheer, spreek van totale verwaarlosing.

Inwoners met wie die Hoëvelder gesels het, praat met heimwee van die goeie ou dae toe Ermelo nog een van die skoonste en mooiste dorpe op die Hoëveld was.

Almal spreek die wens uit dat die munisipaliteit iets sal doen om die dorp van totale verval te red.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

  AUTHOR
Sanette Botha
Editor

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Ermelo val vas teen Standerton

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other