Geen toeval – wel genade

Ek glo nie meer in toeval nie, maar wel in genade.

Gisteraand toe die weer begin verander en die wind opkom, het ek bly karring aan my man om die voertuie in die motorhuise te gaan bêre.

Elke keer wou hy net gou eers iets anders doen. Die een voertuig was binne die erf agter die geslote, baie hoë hek geparkeer en die ander een aan die buitekant van die hek.

Ons het nog so in die sitkamer gesit toe ons ‘n slag by die motorhuis hoor.

Die wind het die motorhuisdeur uit sy baan geruk.

My man was nog besig om dit reg te maak toe ons nog ‘n geweldige slag hoor.

Die wind het takke van die reuse-akkerboom in die erf langs ons s’n afgeruk, dit het in ons erf geval en die bakkie met sentimeters gemis.

Nodeloos om te sê, die muur tussen die twee erwe, die hek en ‘n groot deel van die palissade het in die slag gebly en ons was vasgekeer in die erf, aangesien die takke oor die hek gelê het.

Sou my man die motors in die motorhuise gebêre het toe ek gevra het, sou die bakkie beslis skade gekry het toe die deur uit sy baan geruk is.

Werkers moes vanoggend die palissade oopsny sodat ek kon uitkom om werk toe te gaan.

Sou albei die voertuie in die erf gewees het, sou ons nie vervoer gehad het nie, omdat dit ‘n dag of wat gaan neem om die takke op te saag en die ingang na die huis weer oop te kry.

Alles gebeur soos dit moet en ek sal nooit weer iets aan toeval toeskryf nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

  AUTHOR
Sanette Botha
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
[In case you missed it] Our top stories of the week

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: