Bejaardes in Ermelo-tehuis geniet geselsies

Een van my gunstelingplekke op die dorp is die SAVF-tehuis en ek maak graag daar ’n draai.

Die personeel en inwoners is altyd vriendelik en bly om mense te ontvang.

Ek het verlede week daar gaan kuier en vir van die inwoners gevra wat hulle graag vir Kersfees wil hê.

Dit was verbasend hoe gering hul behoeftes is.

Wat egter vir my duidelik was, is die feit dat samesyn met vriende en familie op almal se prioriteitslys is en dat diegene met kinders altyd bly is om hulle te sien.

Party soek net ’n ou lekker dingetjie om te eet.

Ek het dadelik besluit om meer gereeld daar te gaan draai en met die inwoners te gesels.

Ek weet dat almal baie besig is en dat vrye tyd kosbaar is en dat elkeen dit graag met hul eie gesinne wil geniet, maar ek wil graag ’n beroep op almal doen om wanneer daar ’n oop tydjie in jou dagboek is, ’n draai by die tehuis te maak en geselsies aan te knoop.

Ek is seker dit sal baie waardeer word.

As jy tydskrifte het wat jy klaar gelees het, neem dit gerus saam.

Dit kan die inwoners help om die dag om te kry.

Wat my ook altyd opval, is hoe blymoedig die bejaardes is en dat hulle hulle nie deur die ouderdom laat onderkry nie.

Die deernis waarmee die personeel hulle behandel, is ook vir my ’n riem onder die hart.

Ek het baie respek vir die Vryburgers, ander organisasies en bloot net gewone mense wat moeite doen om ’n bejaarde se hart te verbly.

Dit gaan nie ongesiens verby nie.

Dit sal my eerste Kersfees sonder my ma wees en dis nie ’n lekker gedagte nie, maar ek glo met die genade van Bo sal Kersdag steeds ’n vreugdevolle dag wees.

As jy nog ouers het, waardeer hulle want hulle is kosbaar.

  AUTHOR
Sanette Botha
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Balle rol vir liefdadigheid op Ermelo

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: