EHS se wintersportspanne presteer teen Lydenburg

Hoërskool Ermelo se rugby-, hokkie- en netbalspanne het Donderdag, 26 April teen Lydenburg deelgeneem en ten spyte van die hitte, het die Errie-spanne hulle goed van hul taak gekwyt.

EHS se dogtershokkiespanne spog met 36 doele en geen doele teen hulle nie. Die hokkie-uitslae is:

0/14A wen 8-0, 0/15A wen 2-0, 0/16A wen 4-0, die tweedespan wen 9-0, Hoërskool Ermelo Calstar se eerste hokkiespan wen met 13-0.

Mededingende netbal is gespeel en goeie sportmangees is deur die netbaldogters van Ermelo getoon.

Die netbaluitslae is:

0/14A verloor 6-20, 0/14B verloor 9-15, 0/15A wen 12-8, 0/15B verloor 3-19, 0/16A verloor 7-11, 0/16B verloor 3-13, die tweedespan verloor 7-12 en Hoërskool Ermelo Calstar se eerste netbalspan verloor 19-29 in ’n naelbyt wedstryd.

Lees ook: Hoërskool Ermelo Calstar eerste dogtersnetbal- en hokkiespan bedank hul borg

Die Errie-seuns het goeie rugby gespeel. Die uitslae is:

0/14A wen 36-12. Tiaan Grobler het drie drieë gedruk en Marius Nel, Siyabonga Mnguni en Surprise Nkosi elkeen een. Juan-Paul Labuschagne het met drie doelskoppe geslaag.

0/15A verloor 19-24. Twee drieë is deur Lourens Erasmus gedruk en een deur Günter Badenhorst. Corné Janse van Vuuren en Wonderboy Mnisi het een drie elk verdoel.

0/16A wen hul wedstryd oortuigend met 29-19. Rabbie Marsh, Dylon Dewar en Daniel Mulder het een drie elk gedruk, terwyl Luke Bulford twee drieë gedruk het. Hardus Rothmann het met twee doelskoppe geslaag.

0/16B verloor met ’n naelskraap telling van 21-25. Kenollo Nchela, Gawie Diedericks en Gift Malaza het ’n drie elk gedruk. André-Dale Groenewald

het die drieë verdoel.

Die tweedespan wen 19-14. Die puntemakers is Heubie van der Walt, Thandeni Thomo en Surprise Nkosi wat elkeen ’n drie gedruk het en twee

doelskoppe is deur Surprise Nkosi en Robert Brown aangeteken.

Hoërskool Ermelo Nashua Highveld se eerste rugbyspan verloor in ’n tawwe stryd met 8-47. Dillon van der Merwe het die drie gedruk en Stefan Potgieter het ’n strafdoel aangeteken.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

  AUTHOR
René Joubert

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Liggies beïndruk tydens ATKV Tienertoneel

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: