Corrie Grobler benodig die gemeenskap se hulp vir ’n motor

Die aanval op me. Cornelia Grobler en mnr. Gerhard Peo vroeër vanjaar in Jansenstraat, is steeds vars in die egpaar se gedagtes.

Hulle is op 12 Januarie deur vier mans in ’n wit Volkswagen Polo aangeval, waarna mnr. Peo in die been gewond en me. Grobler in hul motor ontvoer is.

Sy is later deur lede van Sektor 4-buurtwag gevind. Die aanvallers het drie tone op haar regtervoet afgekap en twee aan haar linkervoet.

Volgens me. Grobler is sy ook met ’n stomp voorwerp teen die kop geslaan wat tot skedelbreuk gelei het.

Lees ook: LJ de Jager in Steve Biko hospitaal na aneurisme bars

Die enigste besittings van me. Grobler wat gesteel is, is die toonringe wat sy gedra het. Die enkelketting wat sy gedra het, was nog aan haar been en die kontant wat sy gehad het, is in haar besit gevind.

Die egpaar het na die aanval na ’n ander gedeelte van die dorp verhuis, omdat me. Grobler nie meer veilig in haar huis gevoel het nie.

Haar een arm en been wat sy nie na die aanval kon beweeg nie, het herstel nadat mnr. Peo haar met oefeninge gehelp het.

“Hy het vir my ’n koeldrankbottel gegee wat ek moes druk en só het die gevoel in my hand teruggekom,” het me. Grobler gesê.

Sy het met ’n loopraam begin oefen om weer te loop. Sy kan slegs kort afstande in haar huis loop omdat haar voete steeds pyn as sy loop.

Me. Grobler loop op haar hakke om met haar balans te help en sy ontvang tans berading by haar kerk om die aanval te verwerk en sonder vrees te leef.

“Ek het die aanvallers vergewe, maar ek kan nie die aanval vergeet nie,” het sy emosioneel vertel.

“Ek glo ook dat dit die rede is waarom ek geen vreesaanjaende drome oor die aanval het nie.

“Die pad na volkome herstel is nog lank. Ek glo God sal ons help om oor die gebeure van daardie aand te kom en te kan aangaan.”

Me. Grobler het ’n vrees om dorp toe te gaan en as hulle wel moet uitgaan, sorg sy dat sy weer voor donker tuis is.

Die egpaar het gesê daar is nog geen vordering in die saak nie.

Me. Grobler is afgetree en mnr. Peo doen los werkies van sy huis af vir ’n inkomste.

Hulle het nie ’n motor nie en maak gebruik van ’n rolstoel om me. Grobler ver afstande te vervoer.

Hulle het reeds R7 000 ingesamel om vir hulle ’n motor te koop en wil graag die gemeenskap vra om hulle te help met bydraes.

’n Trustrekening is by PwG Prokureurs geopen.

Die naam van die rekening is PWG Prokureurs, FNB Bank, Ermelo-tak, takkode 270344, tjekrekeningnommer 521 800 482 78, verwysing G588 en jou naam en van.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

  AUTHOR
René Joubert

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
EHS se wintersportspanne presteer teen Lydenburg

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: