Geveerde diere ’n groot liefde in Alice se lewe

Me. Alice Breytenbach in een van haar hokke.

Me. Alice Breytenbach se groot liefde en passie vir voëls het 10 jaar gelede met die koop van haar eerste African Grey begin.

Die sang van voëls begroet ons soos ons die huis binnegaan en tussen die babakamer en die leefarea loop waar die African Greys ons ook vriendelik groet.

Me. Breytenbach het dié voëls aangeskaf nadat haar kinders uit die huis is en die proses om te sien hoe die groei en ontwikkeling plaasvind, het haar hart aangeraak.

Haar oë straal toe sy oor die verskillende voëls wat sy versorg, vertel het en die liefde tussen haar en dié diere is duidelik sigbaar.

Sy het ’n babakamer waar sy die nuwelinge versorg en seker maak dat hulle warm genoeg is totdat hulle gereed is om na die hokke wat buite staan, geskuif kan word. Sy neem gereeld voëls in van mense wat verhuis of hul diere nie meer kan versorg nie.

“Ek wys nooit ’n voël weg nie en sal altyd ’n manier vind om hulle te hou en te versorg.”

Sy het laggend vertel van ’n babavoëltjie wat iemand vir haar gebring en gedink het dat dit ’n Indian Miner was, maar dat dit al die tyd ’n kuiken was.

In die huis het sy ook ’n duif wat al vyf jaar deel is van die familie, wat deur die dag buite rondvlieg en saans in die huis kom slaap. Die huis word ook gedeel met haar kat, Scrappy, wat se gunsteling tydverdryf dit is om bo-op die warm voëlkaste te lê en slaap.

Me. Breytenbach se grootste uitdagings is om ’n pasgebore voëltjie groot te kry. Om te verseker dat hulle oorleef, moet hul temperatuur, kos en selfs die temperatuur van die kos reg wees.

Me. Alice Breytenbach saam met haar twee staatmakers, me. Samaria Nkambule en me. Christina Nkabinde, wat die voëls saam met haar versorg.

Sy het twee werkers, me. Samaria Nkambule en me. Christina Nkabinde, haar regterhande, wat haar help om die diere te versorg.

Me. Breytenbach het ook vertel dat ’n babavoëltjie wat een dag oud is, glad nie oë het nie en soos die voëltjie groei, sien jy elke dag die ontwikkeling wat plaasvind en hoe sy oë ontwikkel.

“Jy besef dan eers hoe wonderlik God die diere geskape het.” Sy staan soggens om 4.30vm op om die diere se kos voor te berei en kos te gee, waarna sy dan self reg maak om teen 8vm by die werk te wees. Die diere se hokke word daagliks skoongemaak en die waterbakke word gewas.”

Die voëls kry soggens sagte kos en saans sonneblomsade. Me. Breytenbach het verduidelik dat die sagte kos ’n belangrike deel van die diere se daaglikse voedsel is omdat hulle meeste van hul vitamines daardeur inkry.

“Ons sit ook hul medisyne in die sagte kos omdat voëls baie sensitief is vir ander smake in hul water.”

Sy het ’n sambreel kaketoe-broeipaar by iemand op die dorp gekry, wat onlangs hul eerste eiers gelê het.

Dié broeipare raak baie geheg aan hul eienaars en me. Breytenbach het gesê dat die vorige eienaars nog gereeld vir die twee kom kuier waartydens die opgewondenheid dan duidelik sigbaar is.

Me. Breytenbach het tans agt verskillende voëlspesies.

Sy het onder andere ook kokketiele wat volgens haar baie deur die jaar broei, maar dat sy hul broeikaste van 1 Mei tot begin September toemaak omdat die winter op Ermelo te koud is vir die babavoëltjies om te oorleef.

Haar ringnekke se broeityd is in die winter, wat beteken dat hul teen September ’n string nuwelinge sal bykry.

Me. Breytenbach geniet die diere baie en het gesê dat sy nooit uit Ermelo sal trek nie, omdat sy nie haar diere saam sal kan neem nie.

Volgens me. Breytenbach het sy al baie kere mense se voëls wat siek is versorg, onder haar rooi ligte geplaas en hulle uiteindelik genees.

“Mense is nie bewus daarvan dat die oomblik dat ’n voëls siek is, hulle dadelik hitte nodig het nie.”

Sy het afgesluit deur te vertel dat sy daaraan werk om eendag ’n groot plek te besit waar sy al haar voëls en ander diere kan aanhou, wat oop kan wees vir die gemeenskap om ’n dag daar deur te bring en lekker saam te kuier met die voëls wat om hulle sing.

Me. Alice Breytenbach in een van haar hokke.

  AUTHOR
René Joubert

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Skuts van Ermelo Defensive Pistol Club vaar goed tydens klassifiseringskietdag

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: