Swartbalspelers sê mekaar die stryd aan in die sewende ronde van die swartballiga

Henk Vermeulen van Full Moon 3 mik om die swart bal te pot en die wedstryd te wen tydens die ligawedstryde wat op Secunda plaasgevind het.

Die swartbalspelers van Gert Sibande en Nkangalastreek het die afgelope naweek sake uitgespook op verskeie dorpe tydens die sewende ronde van die liga.

Vyf van Ermelo se spanne is in die liga ingeskryf.

Elke span bestaan uit drie spelers wat punte vir die span, asook vir die speler self, bymekaar moet maak.

Full Moon 1, 2 en 3 het teen die spanne van Panda’s op Secunda mekaar die stryd aangesê, terwyl Full Moon 4 en 5 op Middelburg teen Bro’s gespeel het.

Die uitslae vir die Full Moon-spanne is:

Full Moon 1 verloor 2-7 in ’n tawwe stryd teen Panda’s 1 en klop Panda’s en Panda’s 3 met ’n telling van 6-3.

Full Moon 2 het hard geveg in elke wedstryd, maar verloor teen Panda’s 1 met 3-6, teen Panda’s met 4-5 en teen Panda’s 3 met 2-7.

Full Moon 3 het al drie hul wedstryde verloor. Hulle tellings teen Panda’s 1 is 0-9, teen Panda’s 2 3-6 en teen Panda’s 3 4-5.

Full Moon 4 het ’n slegte dag gehad met slegs een speler wat die wedstryde kon bywoon.

Hulle het 1-8 teen Bro’s 1 verloor, 0-9 teen Bro’s 2 en 2-7 teen Bro’s 3. Full Moon 5 het hul wedstryd teen Bro’s 1 verloor met ’n telling van 1-8 en het hul wedstryde teen Bro’s 2 en Bro’s 3 net-net met 4-5 verloor.

Spelers wat besonder goed gevaar het die naweek, is Hein Heine (Full Moon 1), Charles Wahlstrand (Full Moon 1), JP Joubert (Full Moon 2) en Henk Vermeulen (Full Moon 3) wat elkeen vyf uit nege wedstryde gewen het. Jaco Vermeulen (Full Moon 5), Marius Vermeulen (Full Moon 5) en Leon Pieterse (Full Moon 1) het elkeen vier uit nege wedstryde gewen.

Die volgende wedstryde vind Sondag, 15 Julie plaas.

Spelers wat belangstel om by Ermelo se potbalklub aan te sluit, kan Leon Pieterse skakel by 082 254 2944.

Jaco de Klerk van Full Moon 3 konsentreer om sy geel bal te plaas en sy teenstander in ‘n snoeker te laat.

  AUTHOR
René Joubert

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Phase one of renovating and rebuilding Lindile Secondary School in Wesselton is nearly complete

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: