Hoërskool Ermelo se dogterskoshuis vier 100 jaar

Me. Helene Coetzer, mnr. Juba Grobler, me. Jeanne Minne en Nadine Gouws het die viering van Nelstehuis by Kralinberg geniet. (Foto: Verskaf)

Nelstehuis, die dogterskoshuis van Ermelo Hoërskool, se 100ste verjaarsdag is Vrydagaand, 14 September by Kralinberg op die Breyten-pad gevier.

Bykans 150 oud-Nelsies landwyd het die geleentheid bygewoon.

Die atmosfeer was feestelik en die gaste het vir ’n feesmaal aangesit.

Die oudste Nelsie-inwoner, mnr. Juba Grobler, het ook die geleentheid bygewoon. Hy was ’n inwoner van Nelstehuis vanaf 1950 tot 1951 toe dit nog ’n seunskoshuis was.

In sy toespraak het hy gesê dat dit baie spesiale dogters moes gewees het wat die seuns laat skuif het na Huis Veltman, die seunskoshuis van die EHS.

Coffee Snobs het vir die agtergrondmusiek gesorg.

Die hoofdogter van 2019, Hanné Swart, het die volgende tydens haar bedanking gesê: “Nelstehuis, dankie dat ons die grootmenswêreld kop omhoog kan instap omdat jou invloed stewig in ons lê. Dankie vir die geduldige, sorgsame ma wat jy vir soveel harte vir 100 jaar was.”

Die naweek is afgesluit met ’n ontbyt Saterdagoggend waartydens Nelsies weer deur die gebou kon stap en herinneringe kon opdiep.

Voor staan me. Erika Lottering, me. Diana Terblanche, me. Anne-Marie van Heerden, me.Coreen Landman, me. Elana Fourie en me. Jeanette Engelbrecht. In die middel is me. Marianne Hattingh (agterkleindogter van Nelstehuis se stigter). Agter staan me. Adele McCallghan en me. Linda Horn. (Foto: Verskaf)

  AUTHOR
René Joubert

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
[GALLERY] Swartbalspelers sê mekaar die stryd aan op Ermelo

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: