Hoof van Carolina Akademiese Skool verruil Carolina vir die Kaap na 31 jaar in onderwys

Mnr. Nollie de Beer (hoof van Carolina Akademiese Skool) tree na bykans 38 jaar in die onderwys af. (Foto: Verskaf)

Die tyd het aangebreek vir mnr. Nollie de Beer om die tuig as hoof van Carolina Akademiese Skool neer te lê en Carolina vir die rustige lewe van die Kaap te verruil.

Dié passievolle onderwyser, sportafrigter en hoof is in Carletonville gebore en het in 1973 aan Hoërskool Evander gematrikuleer.

Hy het daarna aan die Universiteit van Potchefstroom studeer en het ’n BA-graad en ’n hoëronderwysdiploma agter sy naam.

Na twee jaar se diensplig, het hy sy onderwysloopbaan in 1980 by Hoërskool Evander afgeskop, waarna hy in 1981 ’n pos by Hoërskool Middelburg aanvaar het.

Mnr. De Beer is in 1982 met sy sielsmaat, me. Annaleen van Wyk, getroud.

Drie kinders is uit die huwelik gebore en hulle is ook die trotse oupa en ouma van twee kleinkinders.

Hy het reeds in 1987 by Hoërskool Carolina aangesluit.

Op akademiese gebied het hy homself as ’n bekwame en sielvolle Afrikaanse onderwyser met ’n onverbiddelike suiwer taalgebruik uitgeleef.

“Net deur te luister in sy klas het enige leerder se woordeskat genoegsaam uitgebrei,” het een van die personeellede gesê.

Mnr. De Beer is ook bekend vir sy liefde vir sport.

Hy het drie keer die SAUK TV-marathon gehardloop en het goud, silwer en brons losgehardloop.

“As afrigter is die hoogtepunt beslis al die atlete wat ek kon voorberei om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap te gaan deelneem.

“’n Persoonlike voorreg was om my eie dogter af te rig en sy het ’n bronsmedalje op die Herman Immelman-stadion verwerf,” het mnr. De Beer gesê.

Hy het ook vir Kobus Fick afgerig wat hy as sy 800m Suid-Afrikaanse kampioen beskryf.

As afrigter in middel- en langafstande het hy by legendariese figure opleiding gekry. Die naam wat hier vir hom uitstaan, is dié van mnr. Steve Rautenbach.

Hy was bevoorreg om die aanbieder van die middel- en langafstandkursusse op provinsiale vlak (Oos-Transvaal) te wees en het ook op nasionale vlak verskeie kursusse aangebied.

As proefstudent in 1977 het hy by Hoërskool Stilfonein geproef, waar hy een middag onbepland by die skool se 0/15-span betrokke geraak het.

“Twee weke later het die span vir die eerste keer ’n wedstryd en dit boonop teen hul aartsvyand, Hoërskool Schoonspruit, gewen.

“So groot was die vreugde dat ’n ouer my na sy plaas langs die Vaalrivier geneem het om te gaan hengel,” het mnr. De Beer laggend vertel.

Hy het by Hoërskool Evander besef hy weet nie genoeg van rugby nie en het kursus na kursus begin bywoon.

Mnr. De Beer is sedert 1988 by Carolina Akademiese Skool betrokke as afrigter.

Volgens mnr. De Beer het hy in die 30 jaar slegs een jaar nie die eerstespan afgerig nie.

Mnr. De Beer was betrokke by die Puma se Nike 0/15-span en later ook by die 0/17-span.

Hy was in 1998 en 1999 die spanbestuurder van die Akademiespan vir die Cravenweek, waarna hy vanaf 2000 tot 2004 die spanbestuurder van die Cravenweekspan was.

“Ek was van 1998 op die hoërskole rugbyvereniging se bestuur en van 2005 die tegniese ontleder en adviseur van die Cravenweekspan.”

Mnr. De Beer is in Oktober 2008 as die voorsitter van die Mpumalanga Hoërskole rugbyvereniging gekies en het in 2015 dié leisels oorgegee aan mnr Wikus Naude wat na een jaar se diens ’n hoofpos in Wellington by Hoërskool Hugenote aanvaar het.

Daarna het hy in 2017 weer die stoel volgesit en het die jaar gebruik om mnr. Bouwer van Piet Retief op te lei sodat hy kan oorneem.

Hy is in 2011 gekies as die Suid-Afrikaanse skolekeurder en beklee steeds dié amp.

“Ek sal waarskynlik as afgetredene in 2019 steeds toegelaat word om my termyn te voltooi.”

As afrigter het hy tot die voormalige Saru vlak 3 gevorder, ’n kwalifikasie wat meegebring het dat as afrigter nasionale spanne kan afrig.

Rugby bly volgens mnr. De Beer dinamies en vandag word net World Rugby se kursusse erken en is hy dus op vlak 2 en ook as ’n opvoeder wat afrigters kan oplei.

Op skeidsregtervlak het hy vir baie jare daarin geslaag om graderingsgewys onder die top vyf skeidsregters in skolerugby te lê.

“Ek het vanjaar die Virsekerbeker-halfeindstryd tussen Gekombineerde Skool Hendrina en Curro Roodeplaat se 0/15-span geblaas.”

Atletiekgewys was hy saam met die legendariese Hans Enslin van Standerton verantwoordelik vir die stigting van ’n nuwe beamptevereniging nadat die struktuur na 1994 in duie gestort het.

“Ons was lank een van die enigste twee atletiekskeidsregters in die provinsie.”

Ná ’n leeftyd in die onderwys waarvan hy 18 jaar as skoolhoof gedien het, het mnr. De Beer die besluit geneem om halt te roep.

Ten spyte daarvan dat mnr. De Beer uit die onderwys tree en ’n groot leemte laat, is die skool van mening dat hy en me. De Beer die rus verdien.

“Mnr. en me. De Beer, ons groet u met ons skool se leuse, wakker en getrou. Ons sal u mis en meneer se vrolike lag sal altyd by ons bly.”

 

  AUTHOR
René Joubert

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: