Tuiskoop, die bekendste tuisnywerheid op Ermelo veir vanjaar hulle 48ste diensjaar

Tuiskoop, het Vrydag, 26 Oktober hul 48ste diensjaar aan die gemeenskap van Ermelo met ‘n groot Karnival wat by die winkel gehou is, gevier.

Die winkel se deure is 1 Oktober 1970 op die hoek van Joubert- en Jan van Riebeeckstraat op Ermelo geopen, deur ‘n groep boerevroue om ‘n platform vir hul tuisgemaakte produkte en handwerk te bied.

Die onderneming groei vanjaar, 48 jaar later steeds van krag tot krag en bedien die gemeenskap van Ermelo altyd met ‘n vriendelike geselsie.

By Tuiskoop word daar nie net tuisgebak verkoop nie, maar vriendskappe word gesmee en raad word gedeel.

Volgens me. Sandra Kritzinger, voorsitter van die Tuiskoop-kommitee, word daar geen kortpaaie geneem nie.

Die gehalte van die eindproduk wat op die rakke van die bekende tuisnywerheid verskyn is van die hoogste gehalte.

By Tuiskoop slaag hulle daarin om in spel te bly deur hul eie persoonlike veldtogte binne die gemeenskap te bestuur.

Elke maand word ‘n tema-bevordering gehou en die winkel en winkelfront is vrolik versier volgens die tema om gereeld besoekers met iets nuuts te verras.

Die vrolike versierings kan nie anders as om ‘n glimlag op motoriste en voetgangers se gesigte agter te laat nie.

“Dis altyd lekker om te gaan loer hoe die vertoonvenster van Tuiskoop opgemaak is.” het ‘n inwoner aan die Hoëvelder gesê.

Sy het bygevoeg dat dit byna onmoontlik is om aan Ermelo te dink sonder dat die besonderse tuisnywerheid ook ‘n draai in jou gedagtes kom maak. Met ‘n besoek aan

Tuiskoop word inwoners herrinder aan ou nostalgiese tye wat jou laat verlang na jou ouma se tuisgebak en jy sukkel om te besluit watter lekkerny om te vat en wat om agter te laat vir ‘n volgende keer.

  AUTHOR
René Joubert

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: